Monday, June 26, 2006

In die Begin...

Hallo almal. So het nou net Elzanne se goed weer gelees en dog nou dat al die werk wat ek nog moet doen voor slapenstyd eers bietjie moet wag.
En ja ek skryf nooit e mails nie en antwoord sms'e baie min. Want ek's besig!!! Die vraag is seker: What on God's green earth are you doing? So sit down relax and enjoy the tour.

Hier is Sonya (ons ander werk ook erens op die playground) op die skoolgrond besig om kinders te entertain by ons School Fair. Die ouers kom saam met hulle kinders en geniet die dag saam met die foreign teachers. Ons word nie betaal vir so 'n Saterdag se bemarking sessie nie...



Ons moes ook deur die slim gedagte van 'n Brit dat elke klas 'n boek skryf...m.a.w. die onderwyser moet die fkn boek skryf en als doen om te wys hoe oulik die kinders is. Wel hiers waarmee ek op gekom het vir my K2A klas... Hierdie is een van die 12 bladsye van die boek getiteld: Me myself and I. Voorop is daar 'n spieël en die kinders het geskryf oor hulle favorite... en what I like to do ens.

My ouer klas, K3D, moes meer uithaal en wys en ons het om die wêreld gereis. 14 bladsye met kort stukkies geskryf oor spesifieke landmarks soos die Eiffel Tower, die Statue of Liberty en asook die piramides was die fokuspunt met maande se werk en beplanning en beproewing. Ek was heel in my skik met die eindproduk maar niemand in die skool het enigsins enige erkenning gekry nie. Die standaard van die projekte was hoog. Geen kind het 'n kans gestaan nie. Die onderwysers het uitgehaal en gewys. Die boek se naam is: Around the World with K3D. In die vorm van 'n blimp waarmee die kinders gereis het.


Die piramides het op 'n stadium buite gestaan en die nag het dit harder gereën in Taiwan as ooit. Nie sleg vir 'n reddingspoging nie nê?

K2 Presentation

So my jong klassie moes toe nou 'n show doen saam met die ander. My fokus is meer op my ouer klas wat omtrent 'n broadway production moet lewer. (1 week van nou af - 1Julie) So met min moeite het ons 'n show gehou en props gemaak en my bloedruk sistolies en diastolies opgejaag na 'n 167 oor 97.


Ek kan nou nie iets al wys van die Grad show nie want Cinderella se pampoen is nog nie op die lappe nie maar binnekort.

So as die week verby is dan kan ek weer asem haal. Maar naweke is darem nog plesierig. So 'n aand in een van Taipei se hole maak alles weer die moeite werd. Hier is Sonya, ek en Josann besig om vreeslik aan die kuir te gaan in Carnegies (kaar-ni- ghies). Die woorde in hakkies is vir die ou ballies wat nie engels lekker onder die knie het nie.


Op 'n ander naweek het ons Lisa se verjaarsdag gevier saam met YAYUN. Yayun is 'n chinees getroud met 'n Suid Afrikaanse vriend Shaun. Hoe spreek mens dit uit. Dink aan Monica Seles op die tennis baan as sy skree Yaa-hee. Dan het jy dit. Of ons noem haar maar so want enige iets anders is net te moeilik.

Die verjaarsdag was by KTV. Dis 'n besigheid wat kamer uithuur net vir die doel om te Kareoke. Ek en Caryn is emisioneel besig om nog 'n song nuwe karakter te gee.

Sonya het Saterdag verjaar. Ek het die 2 girls (Josann en Sonya bly saam)8uur die oggend gaan wakker maak met champagne, orange juice, taai crumpets drenched in maple syrup en omelette. Ek moes toe gaan slaap na die vroeë skok aan my liggaam. Het hulle weer later ontmoet waarna ons na 'n Amuzement Park toe gegaan het om na Liezl Spies se show te gaan kyk. Sommer toe ook 'n paar rides gevat. Josann se gesig op die rides se fotos was classic gewees. Sonya wil net weer en ek ervaar 'n konstante vrees vir hoogtes.

Later die aand was ons in die berge in waar verskeie amateur kunstenaars tot in die vroeë oggend ure vir die peace festival gespeel het. Liezl, Sonya, Josann en ek het rustig na vuur gooiers gekyk en ontspan met die geraas van dronk hippies en amateur bands. Ons gaan blykbaar weer volgende jaar. Ek hoop Sonya en Josann bly net weg van die sonbed af die keer.

'n Laaste keer nog afrigting voor die groot show.... Die pampoen is reg. Die koets is gebou. Die kinders onthou nog steeds nie waar om te staan nie, But this show will go on!!!