Ja dis al...
Sunday, March 25, 2007
Wednesday, March 21, 2007
Huis toe vir 2 weke
Wian het spesiaal saam gery om my te kom op pik in Christiana. Ok hy's altyd daar as die wiel draai so dit was nie so spesiaal nie.
Die Blue pool by buxton was nie so blou nie maar ons het lekker gebraai saam met ons nuwe boetie. Ek was veral baie spraaksaam as jy in gedagte neem dat ek toe reeds al vir 24 ure in transit was...
Dad moes later na Kersfees'n leerling Sun City toe neem. So dis hoe mens 'n skoolbus was.
Friday, March 09, 2007
By die skool
Net voor Kersfees raak my skool belaglik besig. Ons moet soos Santa op dress en geskenke regoor
die wêreld aflewer. Die kleintjies moet ook dans en perform asof hulle betaal word. Myne hieronder maak reg vir 'n nommertjie met 'n opgeskudde version van Jingle Bell Rock. Uno en Max op linker kant en Rebecca regs is heel in ekstase oor die kostuums.
Onder is Ethon. Hy's net 3 jaar oud maar maak 'n punt daarvan om my klas elke oggend te onderbreek nadat hy onder sy juffrouens se neuse ontsnap het.
Die res van die klas vir 'n foto...


Onder is Ethon. Hy's net 3 jaar oud maar maak 'n punt daarvan om my klas elke oggend te onderbreek nadat hy onder sy juffrouens se neuse ontsnap het.

Die res van die klas vir 'n foto...

Saturday, March 03, 2007
Not Too Long Ago

Die dorpie is klein en howel dit soos JHB se agterstede lyk, is dit klein!!!!
Hanno het in sy nig se woonstel gebly en daar was allerhande diere en goed in die plek. Ons praat skerpioene en slange en als. Ek kan glad nie die woef se naam onthou nie, maar dit word vreeslik bederf en haat 'n kappie op die kop.
Tanya was nie so betrokke by die naweek nie want sy het gevoel dat die internet veel beter geselskap sou wees as ek en Audrey. Dis eers toe John begin bel het, dat sy uit haar nete uit gebars het.


Ons was heeldag in die strate en het die aand op die dak gebraai.
Subscribe to:
Posts (Atom)