Friday, May 18, 2007

verder...


Op die eiland is daar 'n klein "breakfast shop". Hulle verkoop hamburgers en allerhande eetbare goed. Die boodskap onder op die toonbank het my siel net laat rus elke dag wat ek dit sien. Die rooi pen in my wou net krap!
The "vase stone" is 'n groot toeriste pleister. Ekd ink die ding lyk meer soos Afrika met Suid Afrika in die see gedompel - mmm Siener van Rensburg sê mos die groot water kom tot by die Paarl en Global warming broei mos nou lekker!
Liza kyk uit op die groot blou (en groen en aqua) see by 'n vreeslike netjiese kamp terrein op die eiland.
Ek het my besig gehou met parra voete en snorkels. Die Chinese agter my loop kursus hoe om te snorkel en nie te versuip te gelyke tyd. Ek dink nie hulle het graad gemaak nie, siende hulle geklou het aan daai oranje lewensredding tubes soos bubblegum in 'n kop vol hare.

In Kaohsiung was die LOVE River en die stadsliggies met 'n "boat trip" ongelooflik. Dit was werklik 'n stad om op verlief te raak. (hoes - hoes)

Die man met die geel het bietjie sy huis god uit gevat vir 'n "stroll". Dit is glo algemene praktyk om te gaan stap saam met die ark.

Die Taiwan beer en sy vriende in die Kaohsiung dieretuin het vir hulself die kuns aangeleer om te bedel.
Hulle is egter baie astrand, want as jy nie iets vir hulle gee om te eet nie, gooi hulle daai selfde pote en naels, waarmee hulle na hulle monde toe beduie, in die lug op asof hulle vra..."Is jy mal kan jy nie sien ek vra kos nie?"

Sunday, May 06, 2007

'n Kuier by die Vrinne

Jamie en Rika het ons genooi vir die jaarlikse reunie in KBY. Dit was vreeslik lekker. Daar is tot fotos wat dit lyk of ek braai.
Cool Slideshows

Saturday, May 05, 2007

Hanno en Tanya In Chunglhi



So hulle het toe Chunglhi toe gekom - 'n paar dae te laat, maar dit was steeds baie @#$% nice om hulle hier te hê.




Die kuier was kort en hulle maar krapperig om terug te gaan SA toe - maar dit was nog Steeds heerlik.

Bo links Hanno op die scooter en regs is ek en Tanya voor die night Market. Die vriende het ook in verskeie restaurante kom saam eet.

Back to Normal





Na die troue was daar nou so paar lekkertes soos Taung Traffic en to terug in Taiwan voor die klok 12 geslaan het vir 2007.

Toe die Troue

Daar was dit nou. Annemie in die rok wat stuk stuk van die ooste kom.



Die lig was helder en die son was warm en die kerk het hier en daar 'n waaier wat waai.


Als en als 'n kombinasie vir sukses!


Nog so paar fotos van voor Badenhorst en na Badenhorst.






En dan nog want sus het mos getrou... so dis spesiaal!






En dan nog so bietjie Familie fotos ook. Want ons familie is mos soos familie.

Dankie vir die Tannies met die Blomme



So in Desember wat nou al baie maande gelede was, Het Tannie Marcia en al die ander tannies tot laat die nag gesorg dat al die tafels mooi lyk.
Die mans het ook gehelp. Oom JAck en MJ het gedeligeer vanaf die verhoog met 'n koppie koffie - want baie praat maak mens mos droog. Quinton wou nog vor skoonma impress maar ek, Deon en hy moes vinnig by die huis kom om die ander mense te entertain. Dit was van ons verwag en ons wou nie teleur stel nie... Maar baie dankie vir die tannies met die blomme.