Friday, May 18, 2007

verder...


Op die eiland is daar 'n klein "breakfast shop". Hulle verkoop hamburgers en allerhande eetbare goed. Die boodskap onder op die toonbank het my siel net laat rus elke dag wat ek dit sien. Die rooi pen in my wou net krap!
The "vase stone" is 'n groot toeriste pleister. Ekd ink die ding lyk meer soos Afrika met Suid Afrika in die see gedompel - mmm Siener van Rensburg sê mos die groot water kom tot by die Paarl en Global warming broei mos nou lekker!
Liza kyk uit op die groot blou (en groen en aqua) see by 'n vreeslike netjiese kamp terrein op die eiland.
Ek het my besig gehou met parra voete en snorkels. Die Chinese agter my loop kursus hoe om te snorkel en nie te versuip te gelyke tyd. Ek dink nie hulle het graad gemaak nie, siende hulle geklou het aan daai oranje lewensredding tubes soos bubblegum in 'n kop vol hare.

In Kaohsiung was die LOVE River en die stadsliggies met 'n "boat trip" ongelooflik. Dit was werklik 'n stad om op verlief te raak. (hoes - hoes)

Die man met die geel het bietjie sy huis god uit gevat vir 'n "stroll". Dit is glo algemene praktyk om te gaan stap saam met die ark.

Die Taiwan beer en sy vriende in die Kaohsiung dieretuin het vir hulself die kuns aangeleer om te bedel.
Hulle is egter baie astrand, want as jy nie iets vir hulle gee om te eet nie, gooi hulle daai selfde pote en naels, waarmee hulle na hulle monde toe beduie, in die lug op asof hulle vra..."Is jy mal kan jy nie sien ek vra kos nie?"

No comments: