Saturday, July 29, 2006

Nog werk en dan Vakansie!!!

Die laaste dag van skool het ek die kinders laat Cremora tert maak met Coffee-Mate want ons het nie Cremora hier nie. Hulle was in ekstase oor die koekies wat hulle moet breek. Ek ook want dan hoef ek dit nie te doen nie. 'n Halfuur voor huis toe gaan tyd kon hulle toe hulle chips en goed uithaal en eet en toe ek vra wie wil van die tert eet, trek almal hulle neuse op.

Die damn ding is nog duur ook!!! Gelukkig het my ander klassie met maagpyn huis toe gegaan aan die einde van die dag.
A few other painful memories have also been engraved in more than just my brain, but more about that in the coming months lets just focus on the holidays now.

Sondag Hong Kong. Donderdag Singapore. Sondag Kuala Lumpur. Dinsdag Phuket. Sondag Bangkok en dan Donderdag Taipei. Besig???

Nee wat ek het bloed rooi Crocs, Wie's bang?

No comments: