Friday, October 27, 2006

Die Laang Naweek

So een Vrydag in Oktober was dit Moon Festival en op 'n opvolgende Dinsdag was dit Taiwan se verjaarsdag(10/10). So die Government besluit toe om sommer Maandag ook af te gee mits ons die volgende Saterdag werk. Nee ek's jammer dis China, so daars geen keuse nie, dit is hoe dit was!!!

So ons besluit toe om 'n bus te huur en die pad af suide toe aan te durf. Laaste voorbereidings soos sjokolade koekies was tot laat nag in Shaun se woning gedoen.
Ons het soos een man besluit om vroeg op te staan en sou voor 5 uit die stad wees om die verkeer te mis.


Taiwan has a lot of traffic and during weekends like these everybody thinks that if they leave earlier they would miss it. The streets were already a mess on Thursday 5pm.

So here Shaun, Ya-Yun and myself are waiting for Audrey to meet us on the corner of.. whatever you won't know anyway.

Andre and Carolise helped getting us doped with caffeine as we had only but a little sleep.

We drove for about an hour or so and realised that we could go no further without filling up for the long mountain drive ahead. Thanks to Kitty who paid for all the gas by the way. So a breakfast pit stop it was until 7am because only then will that gas station open for business.

Luckily we didn't leave the city as planned otherwise it could have been a very long wait!!!

Die foto is op die bergpas wat net gery kan word teen 'n gemiddelde spoed van 30km/h - I shit you not!!! ek was mal en moeg terselfde tyd.

Berge Toe!

So die beplanning is om die eerste aand op die berge te gaan slaap. Ja! Kamp!!!
These are two more reasons why we were stopping, taking pictures and road tripping al the way up the mountain.

Ons moes weer stop vir lunch en toe deur ry kamp plaas toe. Jy kon nie bespreek nie en ons het nie geweet wat om te verwag nie.

Luckily the whole of Taiwan decided to go to the same camping place as us.
They were smart though they took a road that you would be able to drive 90km/h.
When we got there, kids were screaming, everybody had a happy spirit and the bathrooms were relatively clean...
We set up camp with no one in sight who we could pay to do it for us. While doing this intensive labour I started thinking where I read about unemployment being a problem in Taiwan. They should come to camping sites for jobs, I would have paid top dollar!!! Then I realised I don't read... Mmm... must have been high on fresh mountain air...

Op Berge en in Dale

We head down to the smallest and closest town for supplies as we prepared nothing except for a tin of cookies.

Had some dinner while Andre was welding something broken.(hence the glasses) Jakie 'O on the left keeps an eye out for any mistakes.

Back at the base we got ready to make a fire and listen to a bunch of kids screaming at the top of their lungs again. We are all teachers so we don't mind any screaming at all.
All kinds of smoke really got in Werner's eyes(right) this weekend. Andre(left) was enjoying yet another fruit tea. The cigarette in his hand is really one of those candy sticks.
To get the fire starting and the smoke out of our eyes we made some sparks. Audrey and I was the last to leave the fire and go to our little tent that was by now freezing cold.

My voete was heelnag koud en ek kon ontrekking van koffie sterk aanvoel. Tip of the Day: Camping is really something I suggest everybody tries at least once!


When the morning came, this was the view from out of our tent!!! The breathtaking scenery does make camping bearable... (the late morning only)

Sunday, October 01, 2006

Ontmoet 'n paar vriende...

Uiteindelik na soveel dreigemente en dinge het dit gebeur... 'n braai op die woonstel se dak. Ja, OK, dit was bietjie winderig maar as ons almal dit miskyk... Dan was dit nice!!!


So op die Saterdagaand het almal van heine en verre gekom om die spesiale en geskiedkundige gebeurtenis te aanskou. Dis eers toe Audrey en familie aankom wat dinge behoorlik vlam gevat het!

Shaun en Andre was tog eerste by die party. Natuurlik uitgehonger om van die gades af weg te kom.

Andre, die een regs, probeer soos Moses lyk en het homself beperk tot 'n maksimum van 11 woorde per uur. Gunsteling drankie: vrugte tee...

Shaun, links, wou brandewyn hê maar vergeet konstant ons is in Taiwan.

Kort op hulle hakke was 'n nuwe toevoeging tot die familie. Die van der Westhuizens. 'n Gelukkig getroude paartjie, my ouderdom.

Anita was op wit wyn, en Jason op bier. Anita werk by my skool en Jason speel die kitaar. As jy hulle vra wie dra die broek in hulle huis, kan die entertainment rekord tye bereik.

Love at first sight? Wel hulle het mekaar 'n week geken toe trou hulle!!!

Audrey links en Lisa regs, was laat. Hulle het darem gebel. Louise het hulle seker opgehou...

Mmm... wat om te sê?

Audrey sukkel met my nuwe hi-tech tool en Lisa is "into her gadgets."

Audrey drink bier, Lisa drink coolers.

Audrey het Windows. Lisa het alles van Apple.

Die aand is nog jonk...

Soos almal ingesttle het op die dak, die vuurtjie wat brand, die kersie wat sy lig gee, het ons gou die eerste topic van die aand behandel: Skool en die dommes wat daar werk. My stories is altyd oor klagtes, Anita s'n oor stout kinders, Louise (links op die foto) oor haar hoof en Audrey,Shaun en Andre oor hulle nuwe verwikkelinge. Lisa was heel happy...

Regs: Louise en ek. En soos ek. Sy gaan nou terug Kaap toe einde Oktober. Soos ek ook wil.
Ons drink saam bier en julle moet ons hoor saam praat. Dis morsig!!!

Louise moet altyd vroeg loop want sy moet leer, soos ek ook altyd mos maar maak - sien dieselfde!

Shaun het besluit om die braai te behartig - Op een voorwaarde natuurlik - Hy vat net nie verantwoordelikheid nie - Na die 3de "order" van die "peanut gallery" af het hy maar besluit om totaal en al oor te neem. Andre(Moses) heel links, is reeds oor sy kwota woorde vir die uur.
Ek lig maar.

Die vleisies was mooi en Jason en Anita kon nie hulle kwyl inhou nie. Nee hulle kyk sommer vir die liggies of die firecrackers, want dis mos nou weer Moon Festival tyd dan word daar dinge op roosters gegooi in Taiwan wat beter is om nie te sien nie. Morsig!!!
Ek en Louise besig om met crackers te speel. - En dan weer ons wat bang is die crackers speel met ons...
Dit was nou nice. Dis jammer ons moet weer werk Maandag... Maar moenie bekommerd wees nie die week het net 4 dae en ek vat montlik 5 dae af... en heel moontlik permanent af...