Sunday, October 01, 2006

Die aand is nog jonk...

Soos almal ingesttle het op die dak, die vuurtjie wat brand, die kersie wat sy lig gee, het ons gou die eerste topic van die aand behandel: Skool en die dommes wat daar werk. My stories is altyd oor klagtes, Anita s'n oor stout kinders, Louise (links op die foto) oor haar hoof en Audrey,Shaun en Andre oor hulle nuwe verwikkelinge. Lisa was heel happy...

Regs: Louise en ek. En soos ek. Sy gaan nou terug Kaap toe einde Oktober. Soos ek ook wil.
Ons drink saam bier en julle moet ons hoor saam praat. Dis morsig!!!

Louise moet altyd vroeg loop want sy moet leer, soos ek ook altyd mos maar maak - sien dieselfde!

Shaun het besluit om die braai te behartig - Op een voorwaarde natuurlik - Hy vat net nie verantwoordelikheid nie - Na die 3de "order" van die "peanut gallery" af het hy maar besluit om totaal en al oor te neem. Andre(Moses) heel links, is reeds oor sy kwota woorde vir die uur.
Ek lig maar.

Die vleisies was mooi en Jason en Anita kon nie hulle kwyl inhou nie. Nee hulle kyk sommer vir die liggies of die firecrackers, want dis mos nou weer Moon Festival tyd dan word daar dinge op roosters gegooi in Taiwan wat beter is om nie te sien nie. Morsig!!!
Ek en Louise besig om met crackers te speel. - En dan weer ons wat bang is die crackers speel met ons...
Dit was nou nice. Dis jammer ons moet weer werk Maandag... Maar moenie bekommerd wees nie die week het net 4 dae en ek vat montlik 5 dae af... en heel moontlik permanent af...

No comments: