Sunday, July 02, 2006

Cinderella - Showtime!!!

Dis Sondag middag en ek voel hoe alle moegheid van oor die wêreld my bekruip om te kom insettle vir die volgende paar weke. Good news is that the show was a Great, Great, Great, Huge success!!! Die kleintjies het net geweet wanneer om wat te doen en toe die klein Cinderella verander in 'n prinses was die gehoor se enigste moontlike response om hande te klap.




Miss Julia, a colleaguee, was dressed up and ready for her 2 shows. Ek het net gekla oor een show. Haar kinders se storie was oor 'n "Magic Bed".

Almal was baie besig backstage om reg te maak vir die groot show. Die show was vol blomme. Daar was ouens wat op die sypaadjies staan en blomme verkoop en daar was groot massiewe ruikers van die ingang tot jy op die stage kom.


Backstage het die juffrouens hulle gesigte gepaint en hare gedoen asof dit hulle is wat stage moet gaan en perform. Hier is my Chinese Co- teacher, Eva besig om haar self te laat lyk. Dis al wat ek sê... Eva is very creative and artistic and she designed and decorated Cinderella's pumpkin with taste and enthusiasm.


Ek sal hulle maar moet uitvat vir ete vir al die hulp wat ek gekry het want glo my hulle het gespring wanneer ek nie meer kon nie.

Die koets was toe gebou uit klimraam pype wat inmekaar skuif en vas skroef. Aan albei kante het Eva toe 'n wonderlike werk gedoen om die raam na 'n koets en pampoen te laat lyk.

Dit was baie impressive op stage en dit het koppe laat draai. Wanneer die Fairy God Mother dan haar staf swaai, swaai die kinders die pampoen op wiele ook en dan verander dit in 'n pragtige koets. (sonder wiele) want die koets kan vlieg. (director's decision). Ons moes ons self dood oefen met die perde dat hulle die ding net ordentlik van die stage af trek sonder dat alles van die stage af moer. Maar hulle was baie oulik en was op hulle plek vir die danse wat reg daarna was.

Hier's 'n paar foto's van my video kamera af. So the quality won't be that great but you will get the picture!

Cinderella before - The Ugly Stepsisters (Yes, they are boys!) - The Royal Family


The Fairy God Mother - Dancing on Uptown Girl - The Magical Coach

Aan die einde was daar nog diplomas oorhandig en toe word al die onderwysers met blomme oorlaai. Ek het nie fotos daarvan nie maar my arms was vol blomme en kaartjies en dinge. Ek het gevoel soos Diana op haar begrafnis. (nie eens sy weet hoe soveel blomme voel nie - may she rest in peace...)

Aan die einde sê ek vir Sonya, "You have no idea how glad I am to be done with this." en sy antwoord: "You have no idea how glad the whole school is that you're done with this!" Want ja daar was tye wat dinge maar moes regloop en nie altyd het nie... Maar soos ek altyd maar is, koel en kalm met geduld en liefde, het ons die probleempies maar uitsorteer.

Daarna het ons die aand vir Courtney gaan baai sê. Sy gaan terug huis toe.

Sonya en Theuns doen 'n foto sessie in ITSO bar. Theuns is 'n kunstenaar in Taiwan. Hy kan baie goed sing so sal julle laat weet wanneer hy weer SA toe gaan sodat julle hom kan sien in lewende lywe.

Courtney het party aande saam met die groepie gedans en gesing en die pienk nommertjie wat sy aan het, het hulle vir haar gegee as totsiens geskenk. Daar was ook 'n paar ander goed in die pakkie maar dis privaat.

Goodbye Courts. We'll miss you so much!!! You kept us young.

Liezl Spies en Theuns beleef 'n oomblik in RED DOOR! Nog 'n plek waar ons later gaan besoek het. Die clubs hier is maar snaaks. Anders. Hoe kan ek nou sê...

Nog twee vrinne van Suid Afrika is Jason en Anita. Die tweetjies is getroud en hulle het nou vakansie. Anita calls a spade a spade. En sy kan jou baie mooi in afrikaans vertel wat sy van die monnik buddhis dink wat veroorsaak het dat sy nou 'n ander werk moet gaan soek.

Jason, agter die tafel is Courtney, Anita steek haar kop uit agter Liezl se bos. Jason geniet sy new found freedom(vakansie) baie.

So nog steeds in 'n waas van die gebeure van die naweek en so en dit groet ek julle almal. Nou is dit die finale beplanning vir mamma se kuier so verwag niks anders op die site vir 'n paar weke nie...

Groete en Snotsiens!

3 comments:

Elzanne said...

Dit lyk of die show 'n reuse sukses was!!Maar ek kan sommer sien hoeveel werk daar in gegaan het. Geluk. Is vir jou part bly dis verby en so en dit omtrent en goed. LOVE you blog! Elzanne

Mandie said...

Sjoe! Daar het verseker baie werk in daardie opvoering ingegaan! Wel gedaan!!! Dis lekker om te sien wat julle daardie kant aanvang. Hoop daar is gou weer nog nuus.

Anonymous said...

Your blog is so entertaining, but I wish I could understand Afrikaans. Maybe I can find a learn-Afrikaans-at- home kit. The Cinderella play is awesome!
p.s. Thanks for making my daughter's birthday special.