Sunday, October 01, 2006

Ontmoet 'n paar vriende...

Uiteindelik na soveel dreigemente en dinge het dit gebeur... 'n braai op die woonstel se dak. Ja, OK, dit was bietjie winderig maar as ons almal dit miskyk... Dan was dit nice!!!


So op die Saterdagaand het almal van heine en verre gekom om die spesiale en geskiedkundige gebeurtenis te aanskou. Dis eers toe Audrey en familie aankom wat dinge behoorlik vlam gevat het!

Shaun en Andre was tog eerste by die party. Natuurlik uitgehonger om van die gades af weg te kom.

Andre, die een regs, probeer soos Moses lyk en het homself beperk tot 'n maksimum van 11 woorde per uur. Gunsteling drankie: vrugte tee...

Shaun, links, wou brandewyn hê maar vergeet konstant ons is in Taiwan.

Kort op hulle hakke was 'n nuwe toevoeging tot die familie. Die van der Westhuizens. 'n Gelukkig getroude paartjie, my ouderdom.

Anita was op wit wyn, en Jason op bier. Anita werk by my skool en Jason speel die kitaar. As jy hulle vra wie dra die broek in hulle huis, kan die entertainment rekord tye bereik.

Love at first sight? Wel hulle het mekaar 'n week geken toe trou hulle!!!

Audrey links en Lisa regs, was laat. Hulle het darem gebel. Louise het hulle seker opgehou...

Mmm... wat om te sê?

Audrey sukkel met my nuwe hi-tech tool en Lisa is "into her gadgets."

Audrey drink bier, Lisa drink coolers.

Audrey het Windows. Lisa het alles van Apple.

1 comment:

Anonymous said...

Shoe, dit lyk vrek lekker. Wens ek was daar! Mis jou. Kannie wag vir jou kuier nie! Blommetjie van Bloemfontein.